Die Suid-Afrikaanse Vereniging vir Kultuurgeskiedenis (SAVK) is ‘n vakwetenskaplike vereniging wat in 1982 gestig is met die doel om die beoefening van Kultuurgeskiedenis in Suid-Afrika te bevorder.

    WAT DOEN DIE SAVK?

  • Reël kongresse, konferensies en seminare oor Kultuurgeskiedenis
  • Bevorder navorsing en die publikasie van wetenskaplike artikels van kultuurhistoriese aard
  • Maak aanbevelings by owerhede en instellings oor die bewaring van die totale Suid-Afrikaanse erfenis
  • Bewerkstellig vakwetenskaplike kontak tussen kultuurhistorici en belangstellendes

    WATTER VOORDELE HOU LIDMAATSKAP IN?

    Die lid ontvang:

  •  Twee uitgawes per jaar van die Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Kultuurgeskiedenis
  • Twee uitgawes per jaar van die vereniging se nuusbrief, die Sonnerad
  • Die geleentheid om alle SAVK-kongresse en konferensies teen ‘n verminderde tarief by te woon
  • Toegang tot die Internasionale Vereniging vir Kultuurgeskiedenis en konferensies

Op hierdie wyse bly die lid in voeling met kultuurhistorici en die nuutste ontwikkeling op die gebied van Kultuurgeskiedenis

 HOE WORD AANSOEK GEDOEN?

Vul die aansoekvorm in en stuur dit met betaling of bewys van betaling aan die SAVK. Lidmaatskap is onderhewig aan die goedkeuring van die vereniging se raad.  Die Jaarlikse ledegeld bedra:

Individue woonagtig in Suid-Afrika

Voltydse studente in Suid-Afrika

Suid-Afrikaanse instansies

R 300-00

R 175-00

R 500-00

Buitelandse individue

Buitelandse instansies

R 600-00

R 800-00