
1. INLEIDING
1.1 Hierdie grondwet is op 19 Oktober 2019, tydens ’n Jaarvergadering van die Suid-
Afrikaanse Vereniging vir Kultuurgeskiedenis te Simonstad, goedgekeur en het op
genoemde datum in werking getree.
1.2 Die bestaande grondwet van die Suid-Afrikaanse Vereniging vir Kultuurgeskiedenis het met
die inwerkingtreding van die nuwe grondwet verval.
2. NAAM
Die naam van die vereniging is die Suid-Afrikaanse Vereniging vir Kultuurgeskiedenis (hierna “die
Vereniging” genoem).
3. TAAL
Die amptelike tale van die Vereniging is Afrikaans en Engels.
4. DOELSTELLINGS
Die Vereniging is ’n vakwetenskaplike vereniging en streef daarna om Kultuurgeskiedenis in Suid-
Afrika te bevorder en uit te bou, deur:
4.1 die reël van vergaderings, konferensies, werkswinkels en kursusse vir die bespreking van en
die onderrig en opleiding in alle aspekte van Kultuurgeskiedenis;
4.2 die stimulering van navorsing oor Kultuurgeskiedenis en die publisering en/of subsidiëring van
wetenskaplike tydskrifte en ander publikasies soos die Suid-Afrikaanse Tydskrif vir
Kultuurgeskiedenis, die amptelike lyfblad, en die Nuusbrief, die amptelike
kommunikasiekanaal van die Vereniging;
4.3 die maak van aanbevelings by owerhede en instellings wat met Kultuurgeskiedenis en
bewaring van die kultuurerfenis gemoeid is; en
4.4 alle aktiwiteite wat die bevordering en uitbouing van die Vereniging in die besonder, en
kultuur in die algemeen, ten doel het.
5. STRUKTUUR VAN DIE VERENIGING
Die Vereniging word op nasionale vlak volgens sy grondwet geadministreer, maar takke kan met
die goedkeuring van die Raad gestig word. Takke se reglemente moet deur die Raad goedgekeur
word.
6. LIDMAATSKAP
Enige persoon of instelling kan om lidmaatskap aansoek doen of as lid genomineer word. So ’n
aansoek of nominasie is onderworpe aan keuring deur die Raad, op grond van vereistes wat deur
die Jaarvergadering bepaal word. Die Vereniging het die volgende kategorieë van lidmaatskap:
6.1 Gewone Lid
Iemand wat die bepalings van hierdie grondwet en die doelstellings van die Vereniging
onderskryf en voldoen aan die vereistes soos van tyd tot tyd deur die Jaarvergadering bepaal
Grondwet van die SA Vereniging vir Kultuurgeskiedenis Bladsy 2
word, kan om lidmaatskap aansoek doen of as ’n gewone lid genomineer word. Gewone lede
het stemreg en kan op die Raad dien.
6.2 Professionele Lid
Iemand wat oor minstens ‘n B-graad of ‘n gelykwaardige kwalifikasie in ‘n toepaslike
vakgebied beskik, kan ‘n professionele lid van die Vereniging word. Professionele lede het
stemreg en kan op die Raad dien.
6.3 Instellingslid
‘n Instelling wat die bepalings van hierdie grondwet en die doelstellings van die Vereniging
onderskryf en voldoen aan die vereistes soos van tyd tot tyd deur die Jaarvergadering
neergelê, kan om lidmaatskap aansoek doen of om as ‘n instellingslid genomineer word.
Instellingslede kan een afgevaardigde na vergaderings van die Vereniging stuur. Sodanige
persoon het stemreg, maar kan nie op die Raad dien nie.
6.4 Ere-lewenslid
Ere-lewenslidmaatskap word toegeken aan iemand wat besondere diens aan die Vereniging
of die uitbouing van die Vereniging se doelstellings gelewer het. Ere-lewenslidmaatskap word
op aanbeveling van die Raad deur die Jaarvergadering toegeken. ‘n Ere-lewenslid betaal
geen lidmaatskapgeld nie. Erelede het stemreg en kan op die Raad dien.
6.5 Donateurslid
‘n Persoon of instelling wat die bepalings van hierdie grondwet en doelstellings van die
Vereniging onderskryf, kan by die betaling van ‘n donasie, soos van tyd tot tyd deur die
Jaarvergadering neergelê, aansoek om donateurslidmaatskap doen. ‘n Donateurslid wat ‘n
inrigting is, kan een afgevaardigde na vergaderings van die Vereniging stuur. Sodanige
persoon het stemreg, maar kan nie op die Raad dien nie.
6.6 Studentelid
‘n Voltydse student of skolier wat die bepalings van hierdie grondwet en die doelstellings van
die Vereniging onderskryf en voldoen aan die vereistes soos van tyd tot tyd deur die
Jaarvergadering neergelê, kan om studentelidmaatskap aansoek doen, of as studentelid
genomineer word. Slegs voltydse nagraadse studente het stemreg en mag op die Raad dien.
6.7 Lewenslid
‘n Lid kan lewenslidmaatskap verkry deur die betaling van ‘n bedrag geld, soos deur die
Jaarvergadering bepaal. Lewenslede beskik oor stemreg en kan op die Raad dien.
6.8 Geakkrediteerde lid
Lede van die Vereniging kan om akkreditasie aansoek doen ingevolge die Akkreditasiekode
van die Vereniging (Bylaag A). Slegs persone wat reeds ‘n lid van die Vereniging is (Artikel
6.1 – 6.7) kan aansoek doen.
7. LEDEGELD
7.1 Ledegeld word deur die Jaarvergadering bepaal
7.2 Ledegeld moet jaarliks voor 1 April betaal word.
8. BEËINDIGING VAN LIDMAATSKAP
Enige lid wie se lidmaatskap deur die Raad goedgekeur is, behou sy lidmaatskap, tensy:
8.1 Die betrokke lid skriftelik bedank;
8.2 Lidmaatskap van die betrokke lid deur die Raad beëindig word, nadat die lid se ledegeld meer
as twaalf maande agterstallig is; of
8.3 Die betrokke lid se lidmaatskap hom deur die Raad ontneem word. Die Raad se besluit is
finaal en geskied sonder opgaaf van redes.
9. ALGEMENE JAARVERGADERING
9.1 Daar word jaarliks ’n Algemene Jaarvergadering gehou.
Grondwet van die SA Vereniging vir Kultuurgeskiedenis Bladsy 3
9.2 Elke instellingslid kan een afgevaardigde vir lede van sodanige instelling of gedeelte daarvan
na die Jaarvergadering afvaardig om die instelling amptelik te verteenwoordig.
9.3 Alle lede kan die Jaarvergadering bywoon, maar stemreg is beperk tot diegene soos
aangedui onder Artikel 6.
10. BUITENGEWONE ALGEMENE JAARVERGADERING
10.1 Die Raad kan so dikwels as wat dit wenslik geag word, ’n buitengewone algemene
vergadering belê.
10.2 Die Raad moet by ontvangs van ’n versoekskrif wat deur minstens een derde van die lede
van die Vereniging onderteken is om ’n buitengewone algemene vergadering te belê,
sodanige versoek toestaan.
10.3 ’n Buitengewone algemene vergadering belê ingevolge die bepalings van subartikel 10.1 of
10.2, word slegs belê na skriftelike kennisgewing en verskaffing van die sakelys. Sodanige
kennisgewing moet aan elke lid gerig word en moet minstens veertien (14) dae voor sodanige
buitengewone vergadering aan ’n lid gekommunikeer word.
10.4 Die nie-ontvangs deur ‘n lid van ‘n kennisgewing genoem in subartikel 10.2 maak die
verrigtinge en besluite van ‘n buitengewone vergadering nie ongeldig nie.
10.5 Die bepalings van subartikels 9.2 en 9.3 is ook op ’n buitengewone algemene vergadering
van toepassing.
10.6 Op ‘n buitengewone algemene vergadering word slegs die sake bespreek waarvoor so ‘n
buitengewone algemene vergadering byeengeroep is.
11. SAKELYS
11.1 Die Ledesekretaris van die Vereniging gee minstens sestig (60) dae voor die Jaarvergadering
aan al die lede van die Vereniging skriftelik kennis en versoek hulle om beskrywingspunte vir
plasing op die sakelys voor te lê.
11.2 Die sakelys sluit veertien (14) dae voor die versending daarvan aan die lede.
11.3 Op ’n Jaarvergadering moet die volgende sake op die sakelys verskyn:
1. die goedkeuring van die notule van die vorige Jaarvergadering en die notule/s van
enige buitengewone vergadering/s;
2. die jaarverslag en finansiële state van die Vereniging;
3. verkiesing van die Raad en ampsdraers, indien dit van toepassing is;
4. alle beskrywingspunte wat deur die verskillende lede kragtens subartikels 11.1 en 11.2
voorgelê is;
5. die redaksieverslag van die tydskrif, Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Kultuurgeskiedenis; en
6. enige saak wat die Raad na goeddunke op die sakelys wil plaas.
11.4 Die sakelys van ’n Jaarvergadering moet minstens veertien (14) dae voor die datum van
sodanige Jaarvergadering aan lede gekommunikeer word. Die nie-ontvangs van sodanige
stukke maak die verrigtinge en besluite van ’n Jaarvergadering nie ongeldig nie.
12. RAAD
12.1 Samestelling van die Raad
Die Raad bestaan uit die volgende lede:
12.1.1 Ses (6) verkose raadslede in ooreenstemming met hierdie grondwet verkies. Hieruit word
‘n Voorsitte en Ondervoorsitter verkies.
12.1.2 Tydens hierdie verkiesing moet die uittredende voorsitter die stoel inneem.
12.1.3 Die nuwe Raad benoem daaropvolgend die volgende ampte, wat ook as Raadslede sal
dien: ‘n Raadsekretaris, ‘n Redakteur vir elk van die Tydskrif en die Nuusbrief, ’n
Ledesekretaris, ’n Penningmeester, ‘n Sameroeper van die Akkreditasiekomitee, ‘n
Grondwet van die SA Vereniging vir Kultuurgeskiedenis Bladsy 4
Argivaris en ‘n Bemarkingskoördineerder (Webblad), met dien verstande dat die
oorblywende vier verkose Raadslede elk een van hierdie ampte mag vervul.
12.1.4 ‘n ‘n Verteenwoordiger van lede uit die Suide en Noorde. Hierdie verteenwoordigers kan uit
die bestaande Raadslede aangewys word, met dien verstande dat, indien daar slegs een
Raadslid uit ‘n spesifieke streek afkomstig is, ‘n addisionele persoon aangewys moet word.
12.1.5 Die Raad kan ter eniger tyd addisionele lede koöpteer indien nodig om spesifieke take uit te
voer. Hierdie kooptasie kan vir ‘n volle termyn of net vir ‘n gedeelte daarvan wees.
12.1.6 Ampsdraers en gekoöpteerde lede van die Raad het het dieselfde stemreg as verkose lede
van die Raad.
12.2 Verkiesing van die Raad
12.2.1 Die Raad word al om die ander jaar by geleentheid van ‘n Jaarvergadering opnuut
saamgestel.
12.2.2 Slegs lede van die Vereniging soos aangedui onder Artikel 6 kan tot lede van die Raad
verkies word, met dien verstande dat ampsdraers wat uit hoofde van hulle ampte op die
Raad dien, nie ook verkies kan word nie.
12.2.2 Lede is tot die Raad verkiesbaar ingevolge die bepalings van Artikel 6 van hierdie
grondwet.
12.2.3 Vakatures in die Raad word kragtens artikel 12.3 gevul.
12.2.4 Nominasie- en stemprosedure
1. Slegs persone wat op die dag waarop die nominasie sluit volwaardige
stemgeregtigde lede van die Vereniging is, kan kandidate nomineer en stem.
2. Nominasies vir lede van die Raad geskied per pos, e-pos of faks.
3. Nominasievorms moet so opgestel word dat dit vir enige stemgeregtigde duidelik is
dat:
a. Die stemgeregtigde ‘n maksimum van ses (6) kandidate vir verkiesing as lede
van die Raad kan nomineer.
b. Die nominasievorm voor of op ‘n bepaalde datum aan die Sekretaris besorg
moet word.
c. Indien daar van enige van die bostaande bepalings afgewyk word, die
nominasievorm ongeldig is.
4. Minstens agt-en-twintig (28) dae voor die openingsdag van die Jaarvergadering word
sodanige nominasievorms deur die Ledesekretaris aan alle lede van die Vereniging
gekommunikeer. Die nominasievorms moet binne veertien (14) dae aan die
Ledesekretaris teruggestuur word.
5. Genomineerde lede word telefonies of per e-pos deur die Ledesekretaris van hulle
nominasie ingelig. Die genomineerde word die keuse gelaat om die nominasie te
aanvaar of van die hand te wys. Genomineerde lede moet binne 7 dae nadat hulle in
kennis gestel is, reageer. Indien ‘n persoon nie betyds reageer nie, sal aanvaar word
dat die nominasie van die habd gewys word.
6. Nadat alle genomineerde kandidate se antwoorde ontvang is, word stembriewe
saamgestel met daarop die name van die lede wat die nominasie aanvaar het vir die
ampte van die lede van die Raad.
7. Die stembrief waarna in 12.2.6.6 verwys word, word minstens agt-en-twintig (28) dae
voor die openingsdag van die Jaarvergadering aan alle stemgeregtigde lede
gekommunikeer.
8. Op die stembrief moet duidelik aangetoon word dat:
a. Die stemgeregtigde ‘n maksimum van ses (6) stemme vir die verkiesing van
lede van die Raad mag uitbring.
b. Die stemgeregtigde die stembrief en ontvangserkenningstrokie aan die
verkiesingskomitee moet besorg nie later nie as die tyd wat op die program van
die openingsdag van die Jaarvergadering vir die tel van die stemme, aangedui
word.
c. Indien van enige van die bepalings in 8a en 8b hierbo afgewyk word, die
stembrief ongeldig sal wees.
9. Sodra die stemme getel is, word die uitslag van die verkiesing deur die Voorsitter van
die Jaarvergadering bekend gemaak.
10. By staking van stemme sal die lot beslis.
Grondwet van die SA Vereniging vir Kultuurgeskiedenis Bladsy 5
12.2.5 Gekoöpteerde lede van die Raad
Lede van die Raad wat deur die Raad ingevolge artikel 12.1.5 gekoöpteer word, het
dieselfde stemreg as verkose lede van die Raad.
12.3 Vakatures in die Raad
12.3.1 Vakatures kan ontstaan deurdat:
1. ‘n Lid van die Raad sterf, of sy lidmaatskap ingevolge artikel 8 beëindig word;
2. ‘n Lid van die Raad in ‘n besoldigde betrekking in die Vereniging aangestel word, hy
in enige kontrak met of werk vir die Vereniging belang het, tensy hy sodanige belang
vooraf verklaar het en in verband met die aangeleentheid buite stemming gebly het.
12.3.2 Vakatures word soos volg gevul:
1. Voorsitter: Die Ondervoorsitter word Voorsitter vir die restant van die ampstermyn,
en die vakature wat sodanig ontstaan, word kragtens sub-artikel 2 van hierdie artikel
gevul. Ingeval die Ondervoorsitter nie beskikbaar is om die pos van Voorsitter te vul
nie, word ‘n voorsitter uit die geledere van die oorblywende verkose raadslede, deur
die Raad verkies.
2. Ondervoorsitter: Die raad verkies een van sy lede as Ondervoorsitter vir die restant
van die ampstermyn as die dienende Ondervoorsitter as Voorsitter aangewys word of
as die amp op enige ander wyse vakant raak.
3. Raadsekretaris: Die raad verkies een van sy lede as Raadsekretaris vir die restant
van die ampstermyn as die dienende Raadsekretaris bedank, in ‘n ander amp verkies
word of as die amp op enige ander wyse vakant raak.
4. Ledesekretaris en ander lede: Die Raad kan in die geval van die Ledesekretaris en
ander lede van die Raad opvolgers vir die restant van die ampstermyn koöpteer
indien van hulle hulle ampte sou ontruim.
13. BEVOEGDHEDE EN PLIGTE VAN DIE RAAD
13.1 Behoudens die bepalings van hierdie grondwet, sit die Raad die werk van die
Jaarvergadering voort op ‘n wyse wat hy noodsaaklik en geskik ag en met inagneming van
die algemene beleid, opdragte en besluite van die Jaarvergadering, met dien verstande dat
enige beslissing of optrede van die Raad deur die Jaarvergadering hersien mag word.
13.2 Raadsvergaderings:
13.2.1 Die Raad vergader so dikwels as wat die Voorsitter dit noodsaaklik ag, maar minstens een
(1) keer per jaar.
13.2.2 Binne ses (6) weke na ontvangs van ’n versoekskrif gerig aan die Ondervoorsitter of die
Raadsekretaris en deur ten minste vier lede van die Raad onderteken en waarin die doel van
die vergadering uiteengesit is, moet die Voorsitter ’n buitengewone vergadering van die
Raad belê.
13.3 Die Raad moet volledig notule van die verrigtinge en besluite van al sy vergaderings hou.
13.4 Die lede van die Raad het sitting, met volle stemreg, op enige vergadering van die
Jaarvergadering.
13.5 Die Raad het die reg om vir sodanige doeleindes as wat hy nodig ag, komitees aan te stel en
te ontbind.
14. VOORSITTER EN SEKRETARIS
14.1 Die Voorsitter van die Raad is ook die Voorsitter van die Jaarvergadering. In die afwesigheid
van die Voorsitter by enige vergadering, tree die Ondervoorsitter in sy plek op. In afwesigheid
van sowel die Voorsitter as die Ondervoorsitter, kies die vergadering uit sy geledere ’n
voorsitter.
14.2 Behoudens artikel 15 het die Voorsitter op enige vergadering in hierdie grondwet genoem, by
‘n staking van stemme oor sake, benewens sy beraadslagende stem, ook ‘n beslissende
stem. Hierdie reg geld nie by verkiesings nie.
14.3 Die Raadsekretaris tree as Sekretaris van die Jaarvergadering op en by sy/haar afwesigheid
wys die vergadering ’n sekretaris aan.
Grondwet van die SA Vereniging vir Kultuurgeskiedenis Bladsy 6
15. METODE VAN STEMMING
Op enige vergadering in hierdie grondwet genoem, word ‘n voorstel wat aan die stemming van die
vergadering onderwerp word, met die opsteek van hande beslis, met dien verstande dat stemming
per stembrief moet plaasvind, indien die meerderheid van die vergadering dit aanvra; en by die
verkiesing van lede en ampsdraers van die Raad waar die stemming per stembrief moet geskied.
16. KWORUM
Die aanwesige lede vorm ’n kworum.
17. DAGBESTUUR
17.1 Die Voorsitter, Raadsekretaris en drie ander Raadslede dien as Dagbestuur van die Raad.
17.2 Die Dagbestuur vergader so dikwels as wat nodig geag word en al sy handelinge en besluite
moet op die eersvolgende vergadering van die Raad vir kennisname voorgelê word.
17.3 Minstens drie lede van die Dagbestuur vorm ‘n kworum.
17.4 Die magte van die Dagbestuur word deur die Raad bepaal.
17.5 Indien die Raadsekretaris nie in die Dagbestuur dien nie, kan ‘n persoon gekoöpteer word vir
hierdie doel. Sodanige Dagbestuursekretaris dien egter nie as Raadslid van die Vereniging
nie.
18. AMPTENARE
18.1 Die Raad is bevoeg om enige persoon of liggaam heeltyds of deeltyds, met of sonder
vergoeding, in diens te neem op sodanige voorwaardes as waartoe onderling ooreengekom
word.
18.2 ‘n Amptenaar wat in diens van die Vereniging is, mag aan geen bespreking op enige
vergadering wat kragtens hierdie grondwet belê is, deelneem nie, behalwe om inligting te
verstrek of kommentaar te lewer op versoek van die Voorsitter. So ‘n amptenaar het geen
stemreg op enige vergadering nie.
19. HANDELSBEVOEGDHEID
19.1 Die reg op alle bates en fondse van die Vereniging is in die Raad gevestig en die Raad hou
alle sodanige bates en fondse in trust vir en ten behoewe van die Vereniging.
19.2 Die Raad is by magte en bevoeg om in naam van die Vereniging die volgende handelinge te
verrig:
1. om roerende en onroerende bates te koop, verkoop, huur, verhuur, verruil, te
transporteer of by wyse van geskenk of andersins, te besit, te ontvang of te skenk;
2. om aandele of fondse van die Vereniging in verbande, vaste deposito’s of andersins
by erkende banke, bouverenigings of ander finansiële instellings en ook by wyse
van staats- of munisipale beleggings te belê;
3. om geldd teen sekuriteit van die onroerende bates van die Vereniging te leen en om
verbande daarop te registreer;
Grondwet van die SA Vereniging vir Kultuurgeskiedenis Bladsy 7
4. om in die algemeen met die bates en fondse van die Vereniging ter bevordering van
die doelstellings en tot voordeel van die Vereniging te handel;
5. om regsgedinge ten behoewe van die Vereniging in te stel en te voer en om vir
daardie doel die nodige volmagte te onderteken en uit te voer; en
6. om behoudens die bepalings van hierdie grondwet en met inagneming van die
doelstellings van die Vereniging, reglemente en regulasies op te stel en die
voorskrifte en prosedures te bepaal vir die hou van enige vergadering van die Raad
of enige komitee ingevolge hierdie grondwet aangestel.
19.3 Die Raad mag in eie naam bankrekenings by enige erkende handelsbank open en
daarmee handel.
20. BOEKJAAR EN OUDITERING
20.1 Die boekjaar van die Vereniging strek van die 1ste April van die jaar tot die einde van Maart in
die daaropvolgende jaar.
20.2 Boeke wat die geldelike transaksies van die Vereniging weerspieël, moet deur die Raad
gehou word en alle sodanige boeke moet jaarliks geouditeer word en verslag daaroor moet
op die eersvolgende Jaarvergadering gedoen word.
21. ONTBINDING
21.1 Die ontbinding van die Vereniging kan slegs geskied op ‘n buitengewone vergadering wat vir
die doel deur die Raad ooreenkomstig die bepalings in artikel 10.6 belê is.
21.2 Die ontbinding van die Vereniging moet goedgekeur word deur minstens twee derdes van die
stemgeregtigde lede wat op die buitengewone Vergadering teenwoordig is.
21.3 By ontbinding moet alle fondse en bates van die Vereniging oorgedra word aan een of ander
verdienstelike organisasie waartoe die betrokke vergadering besluit.
22. TUG
22.1 Die Raad is bevoeg om tug toe te pas ooreenkomstig die bepalings van hierdie artikel en om
vir die uitvoering daarvan reëls op te stel wat nie met hierdie grondwet strydig is nie.
22.2 Die Raad is bevoeg om klagtes te ontvang of self op te stel, dit aan te hoor, te ondersoek en
daaroor te beslis, met betrekking tot enige lid van die Vereniging en om sodanige lid te
waarsku, te berispe, vir ‘n bepaalde tyd te skors of sy lidmaatskap van die Vereniging te
beëindig.
23. VRYWARING
Die amptenare en lede van die Bestuur en die Vereniging word onthef van alle persoonlike
aanspreeklikheid vir enige verlies, koste of skadevergoeding of uitgawes wat hulle wettiglik in die
uitvoering van hulle pligte of in die lewering van hulle dienste en nakoming van trusts mag
aangaan, mits sodanige verlies of skade nie deur die bona-fide-optrede van sodanige lede of
opsetlike versuim deur hulle veroorsaak word nie.
24. WYSIGING VAN GRONDWET
Hierdie grondwet kan slegs gewysig word deur ’n meerderheid van minstens twee derdes van die
aanwesige stemgeregtigde lede op ‘n Jaarvergadering of Buitengewone Vergadering kragtens
hierdie grondwet belê. Met dien verstande dat:
Grondwet van die SA Vereniging vir Kultuurgeskiedenis Bladsy 8
24.1 Enige voorstelle wat sodanige wysiging beoog, duidelik gemotiveer word en die Sekretaris
minstens dertig (30) dae voor enige Jaarvergadering of Buitengewone Vergadering bereik, en
24.2 alle lede van die Vereniging minstens agt-en-twintig (28) dae voor die Jaarvergadering of
Buitengewone Vergadering van die voorstelle in 24.1 in kennis gestel word.
Bylaag A: Die Suid-Afrikaanse Vereniging vir Kultuurgeskiedenis Akkreditasiekode vir lede
Hierdie dokument is gemik op lede van die Vereniging wat geakkrediteer wil word t.o.v. hulle
professionele werksaamhede.
1. Oorkoepelende vereistes
‘n Persoon wat aansoek doen om akkreditasie moet aan die volgende minimum vereistes voldoen:
• Moet reeds vir twee jaar ‘n betaalde lid van die SAVK wees
• Moet oor ‘n kwalifikasie in Kultuurgeskiedenis, Geskiedenis of ander verwante dissipline
beskik
2. Kategorieë
Daar sal drie vlakke van akkreditasie wees, naamlik Graad I, II en III. Faktore wat in berekening
gebring sal word is kwalifikasies, ondervinding en projekuitsette.
2.1 Graad I
• Doktorsgraad (hoewel ‘n D-graad ‘n vereiste is vir Graad I, sal iemand met ‘n D-graad
nie noodwendig Graad I akkreditasie kry nie
• Bewese vakkundige publikasierekord in geakkrediteerde tydskrifte, boeke of
hoofstukke in boeke
• Navorsingsuitsette – hoeveelheid en gehalte
• Projekuitsette as konsultant
2.2 Graad II
• M-graad/ Honneurs
• Publikasies – nie noodwendig in geakkrediteerde tydskrifte nie
• Navorsingsuitsette – moes reeds navorsingsprojekte suksesvol voltooi het en/ of
• Projekuitsette as konsultant
2.3 Graad III
• B-graad of gelykwaardige tegniese kwalifikasie en/ of ervaring
• Publikasies – nie ‘n vereiste nie
• Navorsingsuitsette – moes deel van ‘n navorsingspan wees of individueel navorsing
gedoen het
• Moet elke vier jaar geherevalueer word
Grondwet van die SA Vereniging vir Kultuurgeskiedenis Bladsy 9
3. Verantwoordelikheid van die Raad
Die Raad van die SAVK stel tydens die eerste vergadering na die samestelling van ‘n nuwe Raad,
‘n sameroeper sowel as lede vir die akkreditasiekomitee aan. Die termyn van die
akkreditasiekomitee duur twee jaar en val saam met die termyn van die Raad.
Die Raad van die SAVK sal as eerste akkreditasiekomitee dien (maar kan dit delegeer na lede wat
na die mening van die Raad hiervoor gekwalifiseer is), waarna slegs lede wat op Graad I
geakkrediteer is in die daaropvolgende komitee sal dien.
4. Die akkreditasiekomitee
Die akkreditasiekomitee sal bestaan uit 3-5 lede deur die Raad van die SAVK aangewys. Die
Raad wys ook ‘n sameroeper aan. Hierdie sameroeper sal verantwoordelik wees vir die ontvangs
van aansoeke, die voorlegging daarvan aan die Raad, die byhou van ‘n register van
geakkrediteerde lede en die nodige korrespondensie wat daarmee gepaard gaan. Die komitee sal
sy werksaamhede per e-pos hanteer.
5. Prosedure vir akkreditasie-aansoeke:
5.1 Die lid dien ‘n CV en motivering in, waarin aangedui word waarom hy/sy as
geakkrediteerde lid aanvaar behoort te word. In die motivering moet die Graad waarvoor
aansoek gedoen word, die spesifieke kundigheidsveld van die aansoeker en die
uiteensetting ingevolge die vereistes (klousule 2) aangetoon word.
5.2 Aansoeke word by die Sameroeper van die Akkreditasiekomitee van die SAVK ingedien.
5.3 Die akkreditasiekomitee doen ‘n aanbeveling aan die Raad van die SAVK. Die Raad van
die SAVK bekragtig akkreditasie.
5.4 Die akkreditasiekomitee mag korrespondensie met aansoekers voer ten einde meer
duidelikheid omtrent aansoeke te kry.
5.5 Die aansoeker word per brief van die uitslag verwittig. Hierdie brief dien dan as bewys van
die persoon se akkreditasie.
5.6 Die akkreditasie van lede vir Graad I en II, het nie ‘n vervaldatum nie, maar persone wat vir
verdere vlakke of meer kategorieë in aanmerking wil kom, kan ter eniger tyd daarvoor
aansoek doen. Die Raad behou egter die reg voor om ‘n persoon se akkreditasie terug te
trek op grond van besware wat deur lede van die Vereniging ingedien word. Sodanige
terugtrekking sal slegs geskied na volledige ondersoek deur die Raad, of sy aangewese
persone, en nadat die uitslag van sodanige ondersoek aan die Raad voorgelê is.
5.7 Die akkreditasie van lede vir Graad III is onderhewig aan ‘n herevaluasie elke vier jaar.
6. Appél
6.1 Die aansoeker kan binne 60 dae na ontvangs van die uitslag teen sodanige uitslag
appélleer. Die appél moet skriftelik by die Raad ingedien word en deeglik gemotiveerd
wees.
6.2 Die Raad kan ‘n subkomitee benoem om die appél te ondersoek. Die subkomitee het 60
dae om die ondersoek af te handel.
Grondwet van die SA Vereniging vir Kultuurgeskiedenis Bladsy 10
6.3 Die subkomitee se skriftelike verslag dien by die daaropvolgende Raadsvergadering, waar
‘n finale besluit geneem sal word.
6.4 Die uitslag word skriftelik aan die aansoeker meegedeel waarna die saak as afgehandel
beskou sal word. Dit staan egter enige persoon vry om opnuut aansoek te doen.
7. Verantwoordelikheid van geakkrediteerde lede
Geakkrediteerde lede van die SAVK onderskryf en onderhou die etiese kode van die Vereniging
(Bylaag A1).
Bylaag A1 Etiese kode
1. Lede sal professionele aktiwiteite so ver as moontlik beoefen in ooreenstemming met die
basiese beginsels vir bewaring, konservering en preservering. Dit beteken dat erkende
beginsels in navorsing, kultuurhulpbronbestuur en volhoubaarheid ten opsigte van die
onderwerp wat ondersoek word sal geld.
2. Lede sal die hoogste erkenning gee aan die kulturele en historiese integriteit van die
onderwerp wat ondersoek word en sal daarna streef om hierdie integriteit so ver as
moontlik te handhaaf.
3. Lede sal persoonlik aanspreeklik wees vir die kredietwaardigheid van navorsingsresultate
en data waarmee daar gewerk word.
4. Lede sal hulle hou by wetlike voorskrifte soos uiteengesit in die Wet op Nasionale
Erfenishulpbronne (25 van 1999) en regulasies uitgereik deur die nasionale en betrokke
provinsiale en plaaslike owerhede wat met erfenis gemoeid is.
5. Lede sal met die owerhede saamwerk en enige bedreiging van die Suid-Afrikaanse
kultuurerfenis aan die betrokke owerheid aanmeld.
6. Lede sal self nie betrokke raak in enige onwettige handeling t.o.v die Suid-Afrikaanse
kultuurefrenis nie. Dit sluit o.a. die onwettige handel in kultuurerfenisprodukte in.
7. Lede moet die wanaanwending en foutiewe interpretering van hulle werk aktief ontmoedig.
8. Lede sal bydrae tot die algemene opvoeding van die gemeenskap t.o.v. die bewaring van
die kultuurerfenis en etiese leierskap in die verband bied. Terselfdertyd sal die
gemeenskap se waardes in ag geneem word in die bestudering en bewaring van die
kultuurerfenis.
9. In soverre dit moontlik is, moet lede hulle beywer om projekte wat die kultuurhistoriese
integriteit van die landskap skade kan berokken, te opponeer, of om dit te omskep in
bewaringsprojekte.
10. Lede moet professionele aktiwiteite op ‘n eerlike wyse hanteer en hulle weerhou van
bedrog, vooroordele en verdraaiing van die werklikheid. Dit sluit onder meer in om nie take
aan te pak wat nie binne die vermoë van die betrokke kultuurhistorikus is nie. Lede wat
bewus word van sodanige onetiese optrede deur ander lede, moet dit onverwyl en met die
nodige bewyse by die Raad van die SAVK aanmeld. Die Raad kan sodanige persone se
akkreditasie kanselleer.
Grondwet van die SA Vereniging vir Kultuurgeskiedenis Bladsy 11
11. Die SAVK is gevrywaar van enige wanoptrede van gekkrediteerde lede en sal nie
verantwoordelik gehou kan word vir enige optrede van enige van sy geakkrediteerde lede
nie.
