Hierdie ruimte word beskikbaar gestel vir die uitruil van idees en insigte, om betekenisvolle besprekings oor kultuurhistoriese onderwerpe aan te moedig en om navorsing te stimuleer. Die doel is om akademiese onderwerpe op meer informele wyse te bespreek, sonder om die konvensionele kanale van keuring soos by vaktydskrifte te volg. Bydraes tot die blog kan aan emile.coetzee@nwu.ac.za gestuur word en moet duidelik gemerk word as ‘n bydrae vir die blog-bladsy. Maak asb seker dat die dokument aan die volgende minimum-standaarde voldoen: in MS Word-formaat, ‘n duidelike opskrif wat die inhoud weerspieël en dit moet die naam van die skrywer bevat.