SAVK-dokumente
SATKG-dokumente

Die Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Kultuurgeskiedenis (SATKG):  Let daarop dat die SATKG vir ‘n tydperk van drie jaar, van 1987 tot 1989, met die Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Kunsgeskiedenis gekombineer is.  Die gekombineerde reeks het in 1987 met volume nommer 1(1) begin, wat die rede vir die herhaling van nommers is.  Na die skeiding in 1990 is voortgegaan met die nuwe reeksnommers.

TVV-dokumente

Die Tydskrif vir Volkekunde en Volkstaal (TVV): Die Genootskap vir Afrikaanse Volkskunde is op 22 Junie 1943 in Johannesburg gestig. Die behoefte vir navorsing oor Afrikaanse volkskultuur, die bestudering en bewaring daarvan, is raakgesien deur dr Abel Coetzee, destyds direkteur van die Buro vir Taal- en Volkskundige Navorsing aan die Universiteit van die Witwatersrand. Die Genootskap se strewe was die algehele bevordering van kennis aangaande die Afrikaanse volkseie deur middel van onderhoudvoering, navorsing en publikasies. Die eerste uitgawe van die Genootskap se blad waarin hierdie veldwerk en navorsing gepubliseer is, die Tydskrif vir Volkskunde en Volkstaal, verskyn in Augustus 1944. Die tydskrif het vir 60 jaar ononderbroke verskyn, met die laaste uitgawe in Junie 2003.